'n Sensitiewe en vriendelike gids vir grootword.
deur Anika Naik & Phil Wilkinson
Vriendelike, gerusstellende en positiewe gids vir meisies wat puberteit nader. Hierdie boek verduidelik al die veranderings wat met tieners gaan gebeur soos hul grootword en ook hoe hierdie veranderinge hulle sal laat voel.
Puberteit- en ouerskapkenners Anika Naik en Phil Wilkinson behandel enige bekommernisse wat jong lesers mag hê oor wat “normal” is, verbeter lesers se selfbeeld en stel hul gerus oor al die veranderinge wat hul gaan ondergaan tydens puberteit. Die boek bevat ook leefstyladvies oor onderwerpe soos gesonde eetgewoontes en oefening, en inligting oor hoe puberteit die teenoorgestelde geslag beïnvloed.
Onderwerpe in die gids sluit in:
Wat is puberteit?
Wat gebeur wanneer?
Hoe werk hormone?
Borste en braʼs
Dieselfde ouderdom, verskillende lywe
Wat gaan aan met my vel?
Sweet en slegte reuke
Nuwe hare op nuwe plekke
Daar onder
Wat is menstruasie?
Praktiese wenke vir menstruasie
Hoe om menstruasie te hantee
Wat is seks?
Hoe word babas gemaak?
Nuwe gevoelens
Hoe om jou buie te hanteer
Gesonde eetgewoontes
Die voordele van oefening
Selfbeeld en jou lyf
Privaatheid en jou lyf
Puberteit vir seuns
Seuns het ook probleme
Imprint:
|
LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk
|
Release date:
|
July 2019
|
Authors:
|
Anita Naik & Phil Wilkinson
|
Illustrators:
|
Sarah Horne
|
Translators:
|
Lydia du Plessis
|
Dimensions:
|
203 x 150 x 5mm (L x W x T)
|
Format:
|
Paperback
|
Pages:
|
48
|
ISBN-13:
|
978-0-7993-9394-1
|
Language:
|
Afrikaans
|